Ons storie

Decorative flourish

Ons het as studente op Stellenbosch in die lente van 2022 ontmoet. Vanaf ons eerste ontmoeting het ons al twee geweet dat hierdie die begin van iets spesiaal gaan wees. Tydens ons eerste "date" kon ons nie ophou praat nie. Die kelner moes 'n hele paar keer verby kom voordat ons reg was om te bestel en nie een van ons het veel geëet gekry tussen deur al die gesels nie. In die week daarna het ons mekaar omtrent elke dag gesien en vinnig besef dat ons mal is oor mekaar.

Wedding story photo
Wedding story photo

Die rooi Mercedes wat in ons verlowingsfotos verskyn speel 'n belangrike rol in die toets van ons verhouding. Op ons eerste "date" moes Mignon vir Daniel optel, want sy motor se battery was pap! Dit is verstaanbaar dat Mignon dus aanvanklik haar bedenkinge gehad het oor hierdie koshuisbrak met 'n motor wat nie werk nie. Gelukkig is alles vinnig vergete toe sy die motor sien. Ons moes ook al 'n paar keer in die wind en weer sukkel om die motor se dak op te kry- Mignon moes selfs al op die dak sit sodat dit vas kon kliek. Tenspyte van al die gesukkel het Mignon nooit Daniel se sy verlaat nie.

Beide van ons is baie lief vir die natuur en een van ons gunsteling aktiwiteite om saam te doen is om tyd op ons fietse in Jonkershoek te spandeer. As ons nie fiets ry nie hou ons daarvan om vir stappies in die parke naby ons te gaan. Ons geniet dit ook om saam te kook en alhoewel Daniel nooit van te vore 'n voet in die kombuis gesit het nie, kan mens hom nou gereeld agter die stoof vind.

Wedding story photo
Wedding story photo

Die dag van ons verlowing kon nie 'n meer perfekte dag gewees het nie. Ons was saam met Daniel se gesin op hulle plaas in die Tuli. Dit het die vorige aand hard gereën en die oggend nog liggies gereën, maar ons het almal besluit om steeds op die koppie te gaan piekniek hou. Soos wat ons die koppie begin klim, het die reën opgehou en die wolke oopgetrek. Mignon het die kamerasak opgedra, min wetende dat Daniel die ring binne in weggesteek het. Ons stop toe in 'n opening om piekniek te hou en terwyl almal anders besig was om die kos te geniet, sê Daniel dat ons tot bo moet klim vir die uitsig. Terwyl Mignon besig was om na die uitsig te kyk, sak Daniel af op een knie. Toe Mignon omdraai vra hy haar om die res van hulle lewens saam te spandeer.